"Ons bid saam vir Reën"

BOKS VOER VIR 'N BOER

Jy wonder seker waar kom 'n boks voer vir 'n boer vandaan?

Dit is gegrond op die bederfbokse wat vir boervroue gestuur is. Nou draai ons die fokus na die boere. Wat pak jy in 'n boks vir 'n skaapboer wat al vir tot 9 jaar gebuk gaan onder 'n uitmergelende droogte. Hier gee ons vir jou die geleentheid om 'n boer te ondersteun met 'n boks voer.

Hoe koop ek 'n boks?

BOETIE BOKS

3 SAKKE

- 50 kg Lamkruip/Kruipkorrel

- 50kg Skaapafrond

- 50 kg Energie-lek

Waarde: R700

PAPPA BOKS

5 SAKKE

- 50kg Lamkruip/Kruipkorrel

- 50kg Skaapafrond

- 50kg Energielek/Kalaharilek

- 50kg Geelmielies

- 40kg Meester 20

Waarde: R1040

OUPA BOKS

20 SAKKE = 1 Bakkie Vrag

- 4 x 50kg Lamkruip/Kruipkorrel

- 4 x 50kg Skaapafrond

- 4 x 50kg Energielek

- 4 x 50kg Geelmielies

- 4 x 40kg Meester 20

Waarde: R4200

MENERE BOKS - Maatskappyboks

40 SAKKE = 2 Bakkie Vragte

- 8 x 50kg Lamkruip/Kruipkorrel

- 8 x 50kg Skaapafrond

- 8 x 50kg Energielek

- 8 x 50kg Geelmielies

- 8 x 40kg Meester 20

Waarde: R8400

DIE DROOGTE

Van 2011 is dit al 9 jaar wat die Boesmanland en Hantam-Karoo in 'n buitengewone droë siklus is.

"Ons kry soms 10mm op 'n strepie van ons grond, dan 5 mm of 3 mm. Ons het 20mm nodig vir die opslag om op te slaan. Daarna is opvolgreën nodig, maar soos wat een ou Oom hier in die Boesmanland gesê het - die ongeluk van die Boesmanland is mos nou dat hy sy opvolgreën heel eerste kry - vroeg in Februarie 2011 het ons goeie reëntjies gekry en die wêreld was nog redelik aan die gang gewees. 2015 was 'n baie moeilike jaar, want ons het toe vir 4 jaar bykans geen reën gehad nie. Februarie 2016 het 'n deel tot 75mm gehad, 'n deel 40mm. Daarna was dit ontsaglik warm en die grassies wat aan die gang gekom het het net so vaal geword en gedood. Van daardie dag af, tot vanaand 20 Mei 2020 het ons nog net 'n strepie reën van 17mm en 11mm gehad. Maar dit is deel van hierdie wêreld. Ons is in 'n siklus. Ons Vader wou seker al vroeër uitkoms gee, maar dit is die natuur wat hier moet voortgaan. As jy hier wil bly moet jy dit so aanvaar."

Volg ons nuusbrief vir opvolginligting.

Vanoggend met dagbreek, toe die blink môrester nog aan die hemel hang, het die Here se genadegawe by ons werf ingekom. Baie, baie dankie. (van 'n boervrou wat voer uit die Boland ontvang het)

'n Boer praat oor die veld. Botterblom, soetgrassie, hongerblom, die wit-en blousporrie, beesduwweltjie, die koolganna, die driedoringblom en dan sê hy "ek moet my verbeelding taamlik gebruik, want ek het dit so lanklaas gesien".

Boer 6 laat weet na die 9 Junie 2020 reen. Ons het 13 mm op Narossies in die Hantam gemeet. Ons dankbaarheid het nie perke nie. 

DIE BOERE

My keel trek toe as ek aan die volgende boere in die Wes-Boesmanland dink. Vir hulle bereidwilligheid om eerste deel te neem. Ons weet wat dit vat om so blootgestel te word en hoop dit skep 'n platform waar baie bakkievragte voer gelaai kan word.

Om BOKSVOERVIRNBOER af te skop, fokus ons op die Wes-en Noord-Boesmanland in die Noord-Kaap. Stuur jou inligting: Naaste kooperasie, lidnommer, 'n foto, eposadres/selnommer, bankbesonderhede en 'n kort storie. Ek hou saam met julle duimvas vir oop harte.

Ewie Louw - 22918 - Boer 1

Kies 'n Boks

Hannes Lock - 22889 - Boer 2

Kies 'n Boks

Ockert Lock - 32811 - Boer 3

Kies 'n Boks

Abri Nel - 22983 - Boer 4

Kies 'n Boks

Anton Nel - 39583 - Boer 5

Kies 'n Boks

Klaas Schade - 701711 - Boer 6

Kies 'n Boks

Wilhelm Schade -23301- Boer 7

Kies 'n Boks

Petri Nel - 702891 - Boer 8

Kies 'n Boks

Johan Nel - 37844 - Boer 9

Kies 'n Boks

Floors Brand - 702955 - Boer 10

Kies 'n Boks

Dirkie Kotze - 22982 - Boer 11

KIES 'N BOKS

Jasper Maass - 703171 - Boer 12

KIES 'N BOKS

BAIE DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING

Logo list

VOET NOTA

Ek is Elria Steinberg, die opgewonde siel agter die BOKS VOER VIR 'N BOER winkel. Kontak my asseblief by boksvoervirnboer@gmail.com

Ek is ook 'n boervrou en volg die pad van boere in die Noord-Kaap met geloof dat die droogte-siklus sal breek en dat die veld sal opstaan en dat hulle vertroue in God beantwoord sal word.

Kies 'n Boks